
=====================================================================
Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Tweekoppige reklame in Brussel

Johan Roux   kyk na die voorbeeld van Belgi -- met hoofsaaklik Nederlands en Frans -- hoe advertensies gehanteer behoort te word sodat een 
taal nie 'n ander oorheers nie.

EK het klaar vreemd gevoel in 'n stad waar jongelinge op straat rondloop met viooltasse wat waarskynlik viole bevat en nie AK47s nie. Toe 
gaan sit ek boonop in 'n advertensieagentskap waar almal mekaar se tale ken en respekteer. Dit was 'n bietjie soos om in die hemel te 
beland en my arme gestel was nie gereed daarvoor nie.

Ek het eers lter in die Brusselse agentskap tot verhaal gekom; trouens, die eerste keer wat ek begin tuis voel het, was toe 'n intense 
Franse kopieskrywer vir my s: "Ze clients sometimes complain: 'But ze French copy does not say exactly what ze Dutch says' and I say to 
zem: 'But we don't do translations here!' "Dit het so verskriklik bekend geklink, ek het die ou amper omhels.

Hulle vertaal nie, hulle verwerk (soos ons dit in Suid-Afrika ook graag wil h). Tydens 'n middagete het Jan Parys, 'n Vlaamse mede- 
skeppende   direkteur, oor sy bord waterzooi geleun en aangehaal: "Traduttore, traditore' -- 'n vertaler is 'n verraaier. (Ek kon nie 
besluit van watter tradisionele Belgiese gereg ek minder gehou het nie, waterzooi of stoemp met zwarte en witte pens, maar dit terloops.)

Vertaal of verwerk ... op die een of ander manier moet 'n advertensie uit die een taal in 'n ander omgesit word, daarby kom jy nie verby 
nie. Want as jy 'n totale bevolking van tien miljoen het, is dit net eenvoudig te duur om elke TV-flits of geskrewe advertensie afsonderlik 
in twee tale te konseptualiseer en te skep. Dis die raaisel wat my gepla het nog voor ek op my Belgiese speurtog vertrek het: hoe hanteer 
jy so 'n verwerking van advertensies sonder dat een taal 'n ander oorheers?

Die oplossing is so maklik soos Salomo s'n -- hulle splits die bybie in twee. Vyftig persent word in Nederlands geskep en dan in Frans 
verwerk, en vyftig persent andersom.

Die kompromie wat ek in aksie gesien het, is sekerlik nie uit liefde vir die medemens gebore nie maar uit noodsaak. Daar is 'n unieke stel 
balanse en paradokse wat uiteindelik uitgeloop het op die 50/50-storie in Belgiese reklame.

In Belgi praat 60% van die bevolking, die Vlaminge, Nederlands, maar van die bevolking van die hoofstad, Brussel, praat 80% Frans. Nadat 
die Belge in 1830 in opstand gekom het teen Nederlandse oorheersing was die taal Frans, Frans, Frans -- alles wat jy sien en hoor. Toe hou 
die Vlaminge hul kulturele revolusie (waarna party mense hier ook smag), maar wat ons plaaslike taalrevolusioniste vergeet om te s, is dat 
die ekonomiese mag terselfdertyd in die Vlaminge se hande beland het omdat die Franssprekende Walloni se metaal- en steenkoolbedrywe in 
duie gestort het.

Daar is dus hoop: Gee ons duisend jaar of wat en ons stryk ons kulturele probleme hier ook uit.

En soos ek ges het, Belgi se advertensieagentskappe lyk soos die hemel. Die Franse en Vlaamse skeppende groepe is ewe sterk en doen ewe 
veel konsepwerk. Die Vlaminge skryf Nederlandse kopie, nie Vlaams nie. Nederlands is die standaardtaal van die nuwe generasie, die taal wat 
hulle oor die elektroniese media hoor.

Vlaamse dialekte sal wel af en toe in radioflitse gebruik word om so 'n bietjie kleur te gee en ligweg met stereotipes te spot. Wes-Vlaams 
is "optimisties" en Limburgs is "stadig".

Dan is daar die aardverskille tussen Vlaminge en Franse wat in ag geneem word by verwerkings. Jy kyk na jou mark. Katleen Demarcke, 'n 
Vlaamse   kopieskrywer, s (oor 'n bord stoemp met zwarte en witte pens) die Franse is die lewensgenieters en humoriste. Hulle hou van 
"mooie woorde" en woordspelings, hulle kopie is meer "bla-bla-bla". Die nugterder, platter-op-die-aarde Vlaminge vra in goeie Vlaams: 
"What's the point?"

Olivier, 'n Franse kopieskrywer, s: "It's extremely difficult to make Walloons and Flemings laugh at the same thing." Vir 'n Afrikaanse 
kopieskrywer klink dit ook bekend -- Monty Python ontmoet Tolla van der Merwe.

Dit is asof jy 'n ou bekende raakloop as jy kyk hoe hulle met tipiese uitdagings worstel. Hoewel Jan Parys s dat hulle woordspelings 
probeer vermy, kon ek sien die goed duik maar oral op, soos kakkerlakke. En daar's vindingryke oplossings. 'n Franse opskrif vir die Ford 
Ka, "On ne pense Ka a" ("Jy dink aan niks anders nie"), word "Ik Ka niet zonder". Soms gaan dinge weer minder voor die wind en Olivier 
voel byvoorbeeld ongelukkig oor 'n geforseerde woordspeling wat hy moes skep vir die natuurlike, idiomatiese Nederlandse "Inpakken en 
wegwezen" om 'n sneltrein te reklameer. Dis moeilik om die plesier te beskryf wat mens ervaar as jy twee skrywersgroepe bekyk wat met 
oorgawe en geesdrif in mekaar se tale inspring om juwele uit te haal.

Wat van probleme met idiomatiese uitdrukkings wat gekoppel word aan visuele materiaal? Wel, s Katleen, daar was al soveel kruisbestuiwing 
tussen Nederlands en Frans in Belgi dat jy gelukkig heelwat ooreenkomste kry. Gestel jy't 'n Franse advertensie met 'n illustrasie van 'n 
paar hempsmoue en die opskrif is "C'est une autre paire de manches" ("Dis heeltemal 'n ander saak"), sou jy dit regstreeks kon vertaal 
sonder om die idioom of illustrasie te verander: "Da's een ander paar mouwen."

Een van die Franse skrywers meen die feit dat hy voortdurend 'n ander taal in ag moet neem, dwing hom om indringender en meer 
gedissiplineerd oor sy skeppende werk te dink -- dis nie 'n kwessie van algehele vryheid soos vir sy eweknie in Parys nie.

Kompromie word 'n sleutelwoord -- kompromie tussen baie dinge. Dis 'n drang na eenheid wat al begin by die jong Vlaminge se voorkeur vir 'n 
standaardtaal -- Nederlands. En terwyl die Wale en Vlaminge mekaar op streeksgrondslag aan die keel wil gryp, het die inwoners van Brussel 
tot 'n soort vergelyk gekom. "Ek is 'n Brusselaar voor ek 'n Vlaming is," s Katleen.

'n Jong Franse klintediensdirekteur stel dit so: "Daar is verskillende strata van lojaliteite -- jy's Frans en dan's jy Brussels, maar die 
mense van my geslag is vandag bowenal Europees." Die drang na eenheid in Europa slaan oral deur, ook in internasionale reklame, en hier 
steek die wreldtaal Engels natuurlik voortdurend kop uit. (Hoesit met di opskrif vir 'n "Nederlandse" advertensie: "Test uzelf. Bent u OK 
als Account Director voor Mazda?")

Soos enige ander paradys het die Belgiese reklameparadys sy eie, persoonlike slang: die probleem l by hierdie einste kompromie. "Die 
gevaar van kompromie," s 'n Franse kopieskrywer, "is dat jou reklame onsigbaar kan word." Daar's dikwels 'n soort grysheid in 
internasionale reklame of in advertensies waar "andersheid" tot die minimum beperk word. Hulle radioflitse het vir my effens pap geklink 
teen ons meer robuuste plaaslike Jan van Riebeeck/AWB leier/Liewe Heksie/Soli Philander pogings. Dalk het mens tg 'n bietjie konflik en 
irritasie nodig. Johan Roux   was die wenner van die Pendoring 1996 prestigeprys. Di prys was 'n studiereis na enige land met 'n 
meertalige situasie in sy reklamebedryf. Hy het Belgi gekiesbesluit en in April 1997 'n week by Ogilvy Mather in Brussel (op een na die 
tweede grootste advertensieagentskap in Belgi) deurgebring.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av445.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

